Dana Winner - Sproetjies
Tekst en muziek: Gyuri Spies, Whipple en Gert Van Tonder
(1999)






Daar’s n park in my tuisdorp
Ver weg van die stad se lawaai
Waar die kinders na skool in die middae
Kom speel en baljaar
En eandag sien ek n klein dogtertjie
Eenkant alleen
Met traantjies wat rol oor haar
Sproetgesiggie heen



En ek sê: “Sproetjies, liefling
Daar ’s n reënboog in jou oë
Wil jy graag n groot geheim hoor
Almal wil graag soos jy waes
Want jy’s pragtig, liefling”
En sy druk saggies my hand en sê
“Ek wens, ek kon my deur jou oë sien”



Al die somers en winters
Is nou reeds so lankal verby
En die glimlag van jonkwees
Verberg soms n ou hartseer pyn
En eendag sien ek sproetjies weer
En my oë staar verdwaas
Want die lelike eendjie
Verander in die mooiste swaan



En ek sê: “Sproetjies, jy’s pragtig”
En sy druk saggies my hand
En sê: “Ek wens, ek kon my deur jou oë sien”



Ek gaan by die skouburg
Een aand na n opvoering kyk
En daar dans n meisie
Wat net soos n veëprinses lyk
Met n glimlag so stralend
Begroet sy die hele gehoor
Ek sien toe dis sproetjies
Wat harte so bekoor



En ek sê: “Sproetjies, liefling
Dear’s n reënboog in jou oë
Onthou jy nog die parkie
En die trane in jou oë
Sproetjies, jy’s pragtig”
En ek hou haar teen my vas
Sy sê: “Ek wens, ek kon my deur jou oë sien”



“Ek wens, ek kon my deur jou oë sien”









<<   Vorige nummer                     Anderstalige liedjes                     Volgende nummer   >>




Naar boven                       Home